Geloftefees 2017 – meeste besoekers sedert 175-jarige herdenking

Bo: Die Bloedrivier perdekommando wat 20km met die grondpad van de Jagersdrif af gery het, het gesorg vir die gebruiklike kleurryke skouspel met ruiters geklee in Voortrekker drag. Left: Firing the old gun at Blood River.

Die herdenking van Geloftedag 2017 was soos gewoonlik een van die top-inskrywings in die Afrikaanse kulturele kalendar.
Die Geloftefees se verrigtinge skop gewoonlik af wanneer die eerste kampeerders op die terrein aankom, wat vir 2017 reeds so vroeg soos die 8ste Desember was, toe die manne op die terrein aangekom het om hulle gunsteling karavaan staanplek te annekseer. Soos gewoonlik het die weersomstandighede gewissel tussen uiterstes – stormwinde wat heeldag gewaai het en gedreig het om tente uitmekaar te skeur tot lieflike stil aande, temperature soortgelyk aan wintersdae onder 20 grade wat almal in hulle tente en karavane laat skuil het en snikhete warm dae wat die kraaie laat gaap het, van reën en hael tot lieflike sonskyn dae.
Die Bloedrivier perdekommando wat 20km met die grondpad van de Jagersdrif af gery het, het gesorg vir die gebruiklike kleurryke skouspel met ruiters geklee in Voortrekker drag, kruithorings en voorlaaiers wat die verskillende volksvlae uit die geskiedenis van die Boere-Afrikaner tot op die terrein gebring het. Oud en jonk het pret gehad met toutrek, jukskei en skyfskiet.
Die gebruiklike klei-os kompetisie is ook aangebied en die tradisionele perdesport het ook weer gesorg vir baie vermaak. Vrydagaand het oud en jonk met lanterns na die wa laer monument geloop waar lekker volksliedjies gesing is saam met die begeleiding van die bekende Afrikaanse kunstenaar, Juba en sy musikale gesin, wat feesgangers vermaak met ‘n musiekkonsert in die feessaal.

Audio-visuele praatjie rondom die slag 
Geloftedag het soos gewoonlik vroeg afgeskop met ‘n oggendstond biduur in die wa-laer. Dit was ‘n heerlike sonskyndag met geen wind nie. Dagbesoekers het van vroeg af ingestroom in groot getalle om die kranslegging plegtigheid en herbevestiging van die Gelofte in die wa-laer by te woon waarna almal na die feessaal beweeg het vir die erediens waargeneem deur Ds. W. van der Merwe.

Die feesrede is daarna gelewer deur Mnr. W. Weber. Beide prediker en gasspreker het gefokus op die belangrikheid vir ‘n volk om ten tyde van nood sy redding by die Almagtige God te soek en nie op eie krag te probeer staatmaak nie.
Kol. Andy Malan het Saterdagaand ‘n baie interessante audio-visuele praatjie rondom die slag van Bloedrivier aangebied. Die fees is afgesluit met ‘n informele erediens in die feessaal op Sondagoggend. Hierdie was die 179ste herdenking van die 1838 Slag van Bloedrivier. Bywoning was besonder goed – dit was die meeste feesgangers nog sedert die 175ste herdenking vier jaar gelede en feeskomitee verwag ‘n rekord bywoning vir die 180ste herdenking wat DV in Desember 2018 gehou sal word.

Die gebruiklike klei-os kompetisie is ook aangebied en die tradisionele perdesport het ook weer gesorg vir baie vermaak.

Oud en jonk het pret gehad met toutrek, jukskei en skyfskiet.

Firing the old gun at Blood River.

  AUTHOR
Northern Natal Courier

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Thanks Battlefields Country Lodge

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Estcourt News
Ladysmith Gazette
Newcastle Advertiser
Northern Natal Courier
Vryheid Herald


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Estcourt News
Ladysmith Gazette
Newcastle Advertiser
Northern Natal Courier
Vryheid Herald

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: