ATKV gee erkenning aan die onderwysers van Biggarsberg Primere Skool

Mev Dorea Coetzee (ATKV), Ms Lynn Burger (Skoolhoof van Biggarsberg Primere Skool), Mev Michelle du Plessis (Adjunkhoof van Biggarsberg Primere Skool), Mev Essie Slabbert (ATKV) en Mnr Dougie Slabbert (ATKV).

Op 31 Oktober het die ATKV tak van Glencoe die Onderwysers van Biggarsberg Primere Skool heerlik bederf met geskenkies om erkenning te gee aan hulle wonderlike werk met die jeug wat die volwassenes van die toekoms sal wees.
Daar is vir elke onderwyser ‘n geskenkpakkie gemaak wat die volgende items insluit:
1. Die ATKV se tydskrif, “Taalgenoot”.
2. ‘n Pakkie met ‘n notaboek met die ATKV se logo bo-op, en ‘n boodskappie op die eerste bladsy wat aantoon dat ons waardeer wat hulle doen vir die Onderwys en die kinders van Suid-Afrika, ‘n liniaal, ‘n potlood, ‘n pen en potloodskerpmaker.
3. ‘n Sjokolade wat binne-in ‘n gemaakte poppie verskuil is, met ‘n boodskappie dat hulle “SUPER” Onderwysers is.
Die ATKV waardeer dit opreg dat ons onderwysers die jeug van die toekoms op die regte pad hou.
Die skoolhoof, Ms L Burger en elke onderwyser het dit opreg waardeer dat ons hulle hierdie jaar besoek het en raaksien wat hule vermag en daarvoor erkenning gee.
Dit was ‘n wonderlike gevoel om aan ons onderwysers geskenkies te kon gee sodat hulle weet daar is mense wat hulle opreg waardeer.
Die ATKV tak van Glencoe is baie betrokke in die gemeenskap om hulle waardering aan elke instansie te gee.

  AUTHOR
Northern Natal Courier

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Entrepreneurs Day at Glencoe Primary School