Wanneer oomblikke en momente kante begin kry…

Dis die een ding op die ander, deesdae.

Daar is Mount Frere se kol het ou Job weer ‘n terugkeer gemaak, en dit lyk of die Zoeloekoning van destyds, Dingaan, se impi’s ‘n paar kannibale gemis het toe hulle die ou spulletjie daar naby oom Foy uitgeroei het. Dis dalk nie uitgesluit dat jy deesdae in Natal alweer iewers in ‘n pot kan beland as jy nie versigtig is nie.

Wat noop ‘n mens om sy eie kind dood te maak, en dan in die pot vir middagete te druk? Mensboudjies met aartappels en uie…? Ek wonder of daar nie dalk iemand is wat vir ou Gweezy Mantashe sal opeet nie? Ek het hier ‘n paar stadsraadslede wat hulle as poeding kan kry. Hulle sal die manne met yogurt moet kook, want ek dink die ou spulletjie gaan stellig dalk net taai wees.

Hier by ons word dinge ook anders gedoen.
Ek dink as Orkaan Irma skielik sou omdraai, en in ons rigting beweeg, kan ek al sien hoe sy skielik net van die radar af gaan verdwyn soos hierdie dors Isandlwanabokke en daai brandmaer, blylê-koeie wat soos lopende fakse lyk, haar sommer met haelstene en al uit die atmosfeer gaan opsuig.

Ons kan dalk vir Donald Trump ‘n paar dors bokke en een of twee bokwagters oorstuur om in Miami te gaan help. Hulle sal net moet kyk dat die bokwagters nie van daai Amerikaners beginne eet nie. Dit kan nogal ‘n moles afgee, want ek dink daai manne eet medium to rare.

Hier is dalk ook nog ‘n etery van ‘n ander aard aan die gang, en die keer in Fochville. Daar is glo vyf leeus, en dit volgens die polisie, los in Fochville. As daar dus so een of twee mynwerkers die volgende paar dae nie by die werk opdaag nie, moet julle weet. Die polisie en die boere soek blykbaar nog na die leeus, en dit wil voorkom of die mense van Fochville hulle nie hieraan steur nie.

As ek nou een van daai leeumannetjies was, wonder ek nou net, is daar ‘n Kentucky in Fochville..?
Dit smaak my mos dat die Krugerwildtuin deesdae al groter raak, want die diverse wildspesies wat nou in ons strate ronddwaal, is nogal interessant. Is die leeus ook kannibale?
Vra maar net.

Daar was mos vroeër ook ‘n tier los in daai deel van die wêreld. Wat is dit met die Gautengers en hulle wildekatte wat so uit aanhouding onstnap.
Jy jaan my mos nie vertel dat vyf leeus stap al die pad van die Kruger na Fochville toe nie, gaan jy? En hoekom Fochville? Hier in Mount Frere kan jy kom Zoeloes vang en die skuld op die kannibale pak.

Oom Foy sal dalk moet beginne uitkyk op sy plaas as daar sulke donker figure met lang messe rondsluip. Hulle soek dalk leeus. Ou Gweezy het ook maar sy pyne met die spul, en hy keer voor dood dat die ANC nie ‘n nuwe president gaan kry nie, want wat de donner gaan hulle dan met die ou een maak?

En hy bly nie eers in Mount Frere nie. Maar ja, selfs ‘n leeu sal nie eers aan hom wil proe nie. Only in South Africa…

  AUTHOR
Die Woestynrot

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Dundee Dojo duo compete at World Champs